Challenger Home What's New Product Range Services & Parts Distributors Accessories Customer Care
 
frequently asked questions
DOWNLOADS
CONTACT US
 


 
 
 
 

see what our customers have to say about us....

 

Geagte Susan en Frikkie
Ek het so +- drie weke gelede na xxx in PE gegaan om n Bundu Basher trailer by hulle te koop, maar hulle het nie een gehad wat in n goeie toestand was nie, en het my toe afslag aangebied op die een wat daar was, maar ek was nie tevrede nie. Ek het toe vir hulle gevra om my die fabriek se nommer te gee sodat ek self kon uitvind wat se kleure beskikbaar is ens. Die diens by xxx was maar swak aangesien daar nie juis iemand is wat kennis het van die sleepwaens ens nie. Die Maandag het ek gebel en met Rita gepraat, en ek moet se hier het my ondervinding met goeie diens begin.Ek kon haar enige iets oor die sleepwa vra en sy was so vriendelik en vol kennis van al die produkte waaroor ek haar gevra het. Ek het ook die voorreg gehad om met Helen en Suzelle te deel en ek moet se wat n ervaring.Ek het met hulle gedeel oor n tydperk van +- drie weke en ek moet se julle het n gedugte span wat vir julle werk, en julle kan sowaar trots wees om so span aan julle kant te he.Hulle het my te alle tye op hoogte van sake gehou en dit het my baie be indruk, want hier in PE sal dit sorm as jy n boodskap erens los en iemand bel jou terug. Wel ek het my Sleepwaantjie die 16 Junie gekry en is meer as tevrede met my waantjie en die diens wat ek gekry het. Weereens baie baie dankie vir die wonderlike diens en vriendelikheid wat ek van julle ontvang het. Dit was n absoluute belewenis gewees. Kan julle asseblief my dank aan Rita, Helen en Suzelle oordra. Julle is n wonderlike span dames.

Beste Groete
Sakkie Roesstorff

 
 
 
         © 2010 Challenger Trailers Ltd